Sokker-wedstryde in Matzikama

Dit is tyd vir die sokkerspanne in die Matzikama-streek en omliggende areas om hul sokkerstewels reg te kry vir ’n naweek vol aksiebelaaide sokkerwedstryde. Op Sondag, 10 Desember, gaan ses spanne kragte meet teen mekaar en hulle is:

Arrows FC teen Rangers FC – wedstryd vind om 13:00 plaas op die Vredendal-sportterrein.
Arcadian Shepherds teen Vredendal FC – wedstryd skop om 14:00 af op Lutzville se sportterrein.
Future Builders teen Graafwater FC – wedstryd begin om 15:00 op Vredendal se sportterrein.

Volgens Anthony van Wyk, sekretaris van die Matzikama Local Football Association (MALFA), wens die klub al die spelers, bestuur en ondersteuners ’n geseënde en sportiewe naweek toe.

“Mag sokker ons verenig as een gesin en organisasie, bly goed en speel met groot gees,” sê van Wyk.

Die liga-wedstryde word aangebied deur die SAB Upper West Coast liga.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?