Skoolmark

Klik op die video hieronder

Invloed van skooluniforms op skoolwerk en prestasie

Die onderwerp van skooluniforms is baie belangrik vir baie leerlinge en hul ouers. ’n Skooluniform kan leerlinge op verskeie maniere beïnvloed – nie net ten opsigte van hul skoolwerk nie, maar ook op die manier hoe ander mense hulle sien. Is skooluniforms steeds nodig in ’n skoolomgewing?

In die hedendaagse lewe dink baie mense dat skooluniforms oorbodig is en dat dit geen waarde as ’n onderwyshulpmiddel het nie. Die meerderheid van leerlinge hou ook nie van die idee van skooluniforms nie. Hoekom is so baie skole dan daarop ingestel dat leerlinge ’n skooluniform móét dra? Dalk is die rede daarvoor dat leerlinge meer aandag aan hul skoolwerk moet gee as wat hulle op hul kleredrag fokus.

’n Veilige en ordelike omgewing is die eerste behoefte van ’n goeie skool. Van die voordele van ’n skooluniform is die vermindering van twis en stelery van leerlinge se gewone klere, skoene en bykomstighede, asook die inboeseming van dissipline by leerlinge.

Skole kan ook leerders beskerm teen groepsdruk wat betrekking het tot kleredrag. Wanneer ’n skool nie ’n skooluniform het nie sal baie leerlinge elke oggend onnodige tyd bestee om te dink wat hulle moet aantrek en wat die ander leerders en onderwysers daarvan gaan dink.

Wanneer almal dieselfde uniforms dra kom daardie probleem nie voor nie en niemand word geoordeel volgens die klere wat hulle dra nie. Skooluniforms skep ook ’n eenheid onder die leerders en skep trots vir hul skool en voorkoms.

Ons verskaf aan die onderstaande skole

  • Hoërskool Vredendal

  • Laerskool Vredendal

  • Vredendal Senior Sekondêr

  • Vredendal-Noord Primêr

  • Vergenoeg Primêr

  • Uitkyk Primêr

  • Nouveau College

  • Doornbaai Primêr

  • Laerskool Vanrhynsdorp

  • Laerskool Klawer

  • Nieuwoudt Primêr

  • Naasdrift Primêr

  • Hoërskool Calvinia

  • Hoërskool Protea

  • Steilhoogte Primêr

  • Maskam Primêr

Nie net skoolklere nie!

Ons vervaardig en verskaf nie net skoolklere nie, maar kan ook sweetpakke, rugbytruie, rugbybroeke en netbalklere van goeie gehalte volgens jou spesifieke behoeftes maak.

Kontak ons gerus
vir jou kind se skooldrag

Skoolmark

Octa Gebou
Waterkantstraat 2
Vredendal
8160

Tel: +27 (0)27 213 2177
E-pos: skoolmark@telkomsa.net

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?