Winterbaadjies beskikbaar by Skoolmark

Skoolmark op Vredendal verskaf skooluitrustings aan die gemeenskap in die Matzikama-streek en omliggende dorpe. Skoolmark se fabriek het reeds begin om daardie snoesige winterbaadjies vir leerders te maak. Sedert verlede week het Oom Willie, eienaar van Skoolmark, die voorraad uitgepak. Dit is belangrik om vir jou kind twee baadjies te koop omdat die weerstoestande in die winter so onvoorspelbaar is – dan kan jy gerus wees as die weer nie in jou guns tel nie.

Skoolmark gee gereeld wenke oor hoe jy kan ingryp om jou kind se skoolklere netjies te hou, dit maak hulle trots om te sien hoe skoliere Skoolmark se uitrustings laat uitblink in die Matzikama-streek. Ouers kan nou weet waar om aan te gaan aanklop om seker te maak hul kinders het genoeg warm skoolklere.

Skoolmark se formele skooluniforms is slim en prakties en weerspieël die hoë standaard van skoolklere wat van skoliere by skole verwag word. Dit sal ideaal wees as jy jou kind voorberei, dan weet jy dat jou kind se skooluitrustings volledig is. Oom Willie by Skoolmark wil die gemeenskap tegemoed kom om almal akkommodeer en dit maak Skoolmark jou nommer een stop vir goeie gehalte en die beste winskoop.

Besoek Skoolmark gerus in Waterkantstraat 2, Vredendal en berus jou daarin dat hulle slegs die beste aan al hul kliënte verskaf. Kontak hulle by 027 213 2177 vir meer inligting.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?