Vrolike vinkies meer vrolik met nuwe rekenaars

Tegnologie en rekenaarvaardighede is beslis ’n noodsaak wanneer dit by die opvoeding van kinders kom. Deesdae word rekenaarvaardige vereenvoudig met prettige rekenaarspeletjies en selfoon apps. Sommige kleuters is ook deesdae meer geskool met selfone en rekenaarspeletjies as die volwasse eienaar van die toestel.

Vrolike Vinkies Kleuterskool voorspel dat hulle leerders óók in tegnologiese kenners sal ontaard met die nuwe skenking van drie rekenaars aan die skool. Die skenking is moontlik gemaak deur dr. Christo Lombaard. Die skool toon hul waardering aan dr. Lombaard, want nóú gaan die kleuters nóg slimmer word en dalk toekomstige dokters word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2019. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?