Voorbereidings vir LSV se 50ste bestaansjaarvieringe in volle swang

Die tyd word min en Laerskool Vredendal is hard besig met voorbereiding vir hul halfeeu-feesvieringe wat later vanjaar plaasvind. Oudleerders word hartlik uitgenooi na dié feestelike verrigtinge wat tussen 27 Julie en 3 Augustus gaan plaasvind.

Op die program sal daar iets vir oud én jonk wees en daar kan uitgesien word na onder meer geesbou-aktiwiteite, Mnr. en Mej. Fees-kompetisie, ’n “colour run”, ’n optog deur die strate, ’n kultuuraand, gholfdag én spitbraai.

Die skool het ’n databasis opgestel vir alle oudskoliere en oudpersoneel. Om op dié databasis te kom en deel te wees van die skool se 50ste bestaansjaarvieringe, stuur ’n e-pos aan lsvoudleerder@gmail.com of kry ’n vorm by die skoolkantoor. ’n Voorlopige program is bekend gemaak op die skool se Facebook-blad.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2020 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?