Vergenoeg Primêr-uitblinkers

Op Donderdag, 3 Augustus, het Vergenoeg Primêr opgetree as gasheer vir die distrik se jaarlikse Woorde Open Wêrelde (WOW) spelfees-kompetisie.

Volgens Hanette van der Westhuizen, opvoeder by Vergenoeg Primêr, moes die leerders eers “krabbel” deur spelwoorde te skryf en dan moes hulle “babbel” deur spelwoorde hardop te spel vir die beoordelaars.

“Twee van ons leerders het deurgedring na die volgende ronde nadat hulle onder die top ses van hul klas geëindig het,” sê van der Westhuizen.

Jay-lynn Koopman (graad 4) en Shana Owies (graad 7) is die twee leerders wat deurgedring het.

“Vergenoeg Primêr se personeel en leerders wens die twee leerders sterkte toe met die volgende ronde van die WOW spelfees-kompetisie,” sê van der Westhuizen.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?