Vergenoeg Primêr lees saam op Wêreld-hardopleesdag

Op 1 Februarie was dit Wêreld-hardopleesdag en Vergenoeg Primêr in Vredendal-Noord het beslis nie afgesteek by die res van die wêreld se vieringe vir die dag nie.

Die vertelling van stories is beslis een van die eerste dinge waarby ’n kind aanklank vind wanneer hulle die eerste keer skool toe gaan, veral ’n kleuterskool betree. Die verbeelding wat daarmee saamgaan motiveer kinders om ’n boek te gryp en te wíl leer om te lees. ’n Passievolle onderwyser wat dol is om leerders kreatief te stimuleer, hits hierdie proses nog meer aan. Die liefde wat ’n kind kweek vir lees en om stories te vertel ontwikkel in meer bemagtigende elemente in hul formele opvoeding. Vergenoeg Primêr is vol vertroue dat hul leerders nog beter hoofstukke in hul lewens sal bereik na die opwinding van Wêreld-hardopleesdag.

Die leerders het beslis ’n ontploffing van verbeelding ervaar gedurende die hardoplees-verrigtinge by die skool. Die kinders het behoorlik aan elke kleurvolle woord tydens die verrigtinge gehang.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2019. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?