Uitslae van HS Vredendal se kleure-atletiek

Die kleure-atletiekbyeenkoms van die Hoërskool Vredendal het Saterdag plaasgevind. Die massa-deelname was fantasties en die gees onder die leerders kon nie beter nie. Die volgende uitslae is behaal:

 

Goudspan wen die dag met ’n punte-telling van 2214 teenoor die Groenpan se 2061.

Die geesbeker is deur die Groenspan gewen.

 

Die junior Victrix Ludorum was Carli Coetzee (o.15), junior Victor Ludorum was Ethan Isaacs (o.15), senior Victrix Ludorum was Shevonne Hoffman (o.17) en senior Victor Ludorum (o.19) was PJ Boltman.

 

Daar is ook drie nuwe rekords behaal.

Javier Smith Seuns o.14 100 m is verbeter van 12,3 s na 12, 28 s.

Ethan Isaacs Seuns o.15 100 m is verbeter van 11,9 s na 11,84 s.

JC van Niekerk Seuns o.19 skyfwerp is verbeter van 37,52 m na 37,55 m.

 

Baie geluk aan al die atlete wat toekennings ontvang het, ons is baie trots op julle en sien uit na ’n wonderlike atletiekseisoen wat voorlê!

 

Bron:Hoërskool Vredendal

Foto: Margaretha Coetzee

 

Carli Coetzee Junior Victrix LudorumGeelspan WennersGroenspan GeesbekerJunior Victor LudorumRekord 100 o15 Ethan IsaacsRekord skyfwerp o19 JC van NiekerkSenior Victor Ludorum o19 PJ BoltmanSenior Victrix Ludorum o17 Shevonne Hoffman

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?