Uitkyk Primêr se diplomaplegtigheid

Voor die einde van die skooljaar kry leerders erkenning by die jaarlikse diplomaplegtigheid vir hul harde werk en goeie sportmangees tydens die skooljaar. Uitkyk Primêr, geleë op Lutzville, het op Donderdag, 9 November hul diplomaplegtigheid gehou.

Volgens Erica Burger, onderwyseres by Uitkyk Primêr, het die graad 3A- en B-klasleerders met trots hul sertifikate ontvang wat verseker dat hulle wel bevorder word na graad 4 in 2018.

“Ons sê baie dankie aan juffrou Annerie Jordaan en ook aan juffrou Gertruida Frisley wat ons graad 3-leerders so mooi leer en goed voorberei vir die groot stap in hul skoolloopbaan en vir die nuwe fase en graad in 2018 wat vir hulle wag,” sê Burger.

Burger voeg ook by dat mnr. Brenton Cupido, adjunkhoof by Uitkyk Primêr, ’n toespraak gelewer het en die graad 3’s voorspoed toegewens en ook die ouers wat teenwoordig was bemoedig om steeds betrokke te wees met opvoeders in die volgende fase.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?