Totsiens aan ’n ware staatmaker

Met gemengde gevoelens neem Laerskool Vredendal vanjaar finaal van mnr. Eli Maritz afskeid.

Meneer Maritz het op baie kort kennisgewing ingestem om die 2017 akademiese skooljaar saam met die skool in die tuig te klim. Sy gewilligheid om altyd in te spring, te help en deel te neem, spreek weer eens boekdele oor sy karakter.

“Min mense kan vertel dat hulle op 73 steeds aktief betrokke as opvoeder en afrigter by ’n skool is. Om selfs nog ’n tennistoer te reël en leerders te vergesel, wil gedoen wees,” sê Adriana Rust, onderwyser by Laerskool Vredendal.

Rust voeg ook by dat mnr. Maritz is en bly ’n onderwyser in murg en been.

“Ons gaan hom in die gange, klaskamers, op die tennisbane en die personeelkamer baie mis. Ons gun hom sy welverdiende rus en geseënde aftrede. Meneer Eli, Laerskool Vredendal salueer u,” sê Rust.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?