Tafeltennisspelers vaar uitstekend by Nasionale Kampioenskappe

Vanrhynsdorp se Tafeltennisklub het onlangs deelgeneem aan die Nasionale Tafeltennis Kampioenskappe en het behoorlik die tafel gedek vir 2019.

Die 13-jarige Tuelin Gentles, het vir die tweede keer aan die Nasionale Kampioenskappe deelgeneem en het silwer behaal. Sy speel sedert 2015 tafeltennis vir Maskam Primêr tafeltennis.

Dominique Afrika, ook 13 jaar oud en ’n leerder van Maskam Primêr, het ook groot golwe gemaak tydens die Nasionale Tafeltennis Kampioenkappe. Hy het in 2015 by sy skool leer tafeltennis speel en het ’n goue medalje verower by die kampioenskappe.

Die Tafeltennisklub afrigters, Denvan Bocks en Danritch Booysen, was ook betrokke by die Nasionale Kampioenskappe. Bocks se dinamiese leiding het gesorg dat sy o.15-seunspan goud behaal het. Booysen speel al vir meer as 10 jaar tafeltennis, en beide Bocks en Booysen is oudleerders van Maskam Primêr.

Maskam Primêr en getroue ondersteuners van die tafeltennisklub is baie trots op die plaaslike spelers se prestasies.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?