Rekords spat by HSL se kleure-atletiek

Hoërskool Lutzville het op Saterdag, 26 Januarie, weereens hul jaarlikse kleure-atletiek seremonie aangebied. Die dag is was gevul met gevaarlike rooi- en oordonderende swart spanne wat kompeteer het vir die beker.

Die twee spanne het die seremonie begin deur elk ’n skouspelagtige vertoning te lewer, wat die leerders en ondersteuners se gees nóg meer aangehits het. Die rooi span se tema was “Disco” en die swart span se tema “Off to the Races”.

Die geesdrif van die dirigente het die toon aangegee vir  die res van die dag se atmosfeer. Daar is selfs ’n paar rekords ook laat spat. Die matrikulante het ook vir oulaas hul erestap om die baan gedrafstap en is deur hul ouers ingewag by die eindstreep. Die jaarlikse instelling het die skare se hartsnare geroer en het vele trane laat pik.  

In die helfde van die dag het die Rooi span voor geloop, maar aan die einde van die seremonie het die Swart span ingehaal en as die wenners geseëvier met ’n totaal van 1788 punte. Die Rooi span het egter weg “ge-disco” met die geesbeker! Die skool het almal bedank wat ’n bydrae tot die dag kon maak, van ouers, leerders en Coca-Cola.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2019. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?