Ouervergadering op 24 April

Die leerders van Hoërskool Vredendal het vandag hul rapporte ontvang en dit moet Maandag, 24 April, met hul ouer of voog se handtekening, teruggaan skool toe.

Daar sal ook Maandag van 17:30 tot 19:00 ’n ouervergadering by die skoolsaal plaasvind. Hier sal die ouers die geleentheid het om met die onderwysers te praat oor die kind se prestasies en vordering in die klasse.

Alle ouers word genooi om hierdie vergadering by te woon en met die onderwysers te gesels en enige vrae rondom die kinders te vra. Dit is die perfekte geleentheid om uit te vind hoe die onderwysers jou kind in die klas plaas, sowel as die kind se klasgedrag en prestasies.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?