Opvoedkundige teatergroep besoek Vergenoeg Primêr

Die opvoedkundige teatergroep Theatre for Life het Vergenoeg Primêr op 7 November besoek. Die groep het leerders vermaak deur ’n vertoning aan te bied wat gaan oor hoe belangrik dit is om water te bespaar en ook te herwin. Die skool is dankbaar vir die vermaaklike en opvoedkundige vertoning.

Die skool is ook besig om gereed te maak vir hul debutantebal op 17 November in die Vredendal Sportsaal. Kaartjies beloop R80 per persoon. Kry jou kaartjie by die skool en moenie uitmis op ’n glansryke en genotvolle aand nie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?