Nouveau Kollege eindig jaar met opwinding

Die graad 3-leerders van Nouveau Kollege is beloon vir hul harde werk deur die jaar met ’n plesierige uitstappie na Highlanders Camping, Trawal. Hier het hulle kerjakker in die swembad en rivier. Die graad 4- tot 7-leerders het op hulle beurt ook ’n genotvolle afsluiting gehad deur vinnig te gly op ’n plesierige water-glybaan. Nouveau Kollege beplan ook die Nouveau Kersmark, waar hulle almal nooi om by te woon. Die mark sal iets vir almal hê en skop op 28 November af en eindig op Saterdag 1 Desember.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?