’n Eerste vir Laerskool Vredendal se koorlede

Die naweek van 8 en 9 Maart het die senior koorlede van die Laerskool Vredendal ’n koor-oefenkamp in die skoolsaal bygewoon. Hoewel hulle nie daar oornag het nie, het hulle gekuier, geoefen en bande gesmee byna asof hulle op ’n regte kamp was.

Opgewonde koorlede het Vrydagmiddag, uitgevat in hul mooiste klere, om 15:00 opgedaag vir hul eerste oefening. Juf. Sarita van Dyk, bygestaan deur juf. Rensche Verwey, het hulle ontvang en lede is verwelkom met ’n klein verwelkomingsgeskenkie.

Twee oefensessies het plaasgevind waartydens daar aan twee liedere gewerk is. Die pouses was ’n hoogtepunt en koorlede het die sosialisering baie geniet.  

Van die koorlede se ouers het vrywilliglik hulp aangebied met die uitdeel van eet- en drinkgoed tydens pouses. Hartlike dank aan elkeen van hulle.

Groot optredes tydens die tweede en derde kwartale lê voor en daarom was só ’n oefennaweek van uiterste belang. Optredes waarna uitgesien word, is die besoek van kykNET by die skool op 22 Mei, die Koorfees op 15 Julie en die Kultuuraand wat op 1 Augustus plaasvind.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2020 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?