Môrester Akademie se verjaardagfees

Môrester Akademie vier eerskomende Saterdag, 27 Mei, sy 22ste verjaardag en het besluit om dit vanjaar behoorlik te vier. Die akademie noem die geleentheid hulle verjaardagfees en dit sal in die vorm van ’n basaar gevier word.

Die basaar begin Saterdagoggend om 09:00 en daar sal ’n groot verskeidenheid lekkernye te koop wees. Daar ook ’n kinderspeelpark wees sodat die jongklomp lekker kan baljaar terwyl die ouers heerlike geregte geniet. Die skool nooi almal uit hul verjaarsdag saam te vier. Toegang is gratis en dit vind plaas by die skool op Vanrhynsdorp.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?