Meesterlike VSS-lenteskoolprogram vir matrikulante

Vredendal Sekondêre Skool weet hoe om hard te speel en nóg harder te werk. Ná ’n glansryke en opspraakwekkende matriekafskeid verlede kwartaal sit die skool nou skouer aan die wiel om hul matrikulante voor te berei vir die finale eksamen van hul skoolloopbane. ’n Lenteskoolprogram is gedurende die week van 1 tot 5 Oktober by die skool vir matrikulante aangebied.

Deeglike hersiening is gedurende die week gedoen. Onderwysers en leerders het hul vakansie opgeoffer om meer gerustellend die eksamenlokaal binne te stap wanneer die finale eksamen afskop. Verskeie leerders van omliggende skole was ook welkom om die sessies by te woon. Die sessies is aangebied deur die onderskeie vak-onderwysers – me. Ruiter vir Engels, mnr. Louis vir geografie, mnr. Lategan vir ekonomie, me. Conradie vir rekeningkunde, mnr. Strydom vir lewenswetenskap, me. Cloete vir wiskund-geletterdheid en mnr. Engelbrecht ook vir wiskunde. Die leerders het die sessies waarlik waardeer en baat gevind by die meer informele manier van les-aanbieding.

Die einde van die matrikulante se skool loopbane word al meer ’n realiteit met die ontvangs van hul eksamennommers komende Donderdag, 11 Oktober.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?