Maskam Primêr se topatlete toon talent

Dit is ongelooflik hoeveel talent in Matzikama se kinders verskuil is. Sommige kinders se talente word eers op ’n later stadium ontdek en ontwikkel, terwyl ander eenvoudig net nie hul talente kan wegsteek nie. Dit is die geval met die topatlete van Maskam Primêr. Die atletiese talent bars behoortlik uit dié leerders se nate.

Hulle het op Saterdag, 2 Februarie deelgeneem aan die sone-atletiekseremonie by Laerskool Vredendal. Die atlete het besonders goed gevaar, met die kortafstand-atlete wat behoorlik die skare in vervoering gehad het. Maskam Primêr is baie trots op al die atlete en is dankbaar vir al die steun wat hulle ontvang.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?