Lutzville-skaakspelers vaar goed in toernooi

Die Hoërskool Lutzville is baie trots op twee van hul skaakspelers wat reeds vroeg in die jaar hul staal op die skaakbord gewys het. Angelo Cloete en Peter Madziwa het op Saterdag, 16 Februarie aan die Weskus-skaaktoernooi deelgeneem.

Hulle het deurgedring na die tweede ronde van die toernooi wat op 23 Februarie op Vanrhynsdorp plaasgevind het. Baie geluk aan dié uitblinker-skaakspelers.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2020 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?