LSV-skaakspelers eersdaags in Mosselbaai in aksie

Na afloop van die Weskus Individuele skaaktoernooie op Lutzville, wat op 2 Maart 2019 plaasgevind het, en op Porterville op 6 April 2019, is nege leerders van die Laerskool Vredendal gekies om Weskus Skaak by die Weskaap Individuele skaaktoernooi tussen 17 en 19 Mei 2019 te Mosselbaai te verteenwoordig. Elkeen van dié leerders is ook beloon met ’n pragtige medalje.

Hierdie leerders is Fabian Saal vir seuns o.9, Mia van Zyl en Risa Roothman vir dogters o.11 en Christiaan van Wyk, Liam Drennen, Ethan Janse van Rensburg, Junior Meyer en Louw Koegelenberg vir seuns o.11, asook JB Pretorius vir seuns o.13.

Pragtige skaak en naelbyt-rondtes is deur hierdie belowende spelers opgelewer. Juffrou Chantell Booyse, Menere Frans Huysamen en Wayne Drennen, asook Me. Jeanne Pretorius het as Bo-Weskus skaakbeamptes tydens die toernooi opgetree. Die skool wens die skaakspelers alle sterkte toe met hul voorbereiding.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2020 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?