Klawer Kunste 2017

Vanjaar se Klawer Kunste gaan van Woensdag, 2 Augustus, tot Vrydag, 5 Augustus, by die NG Kerksaal en in die klaskamers van Laerskool Klawer op Klawer aangebied word. Dié geleentheid is ’n jaarlikse instelling wat oor drie dae strek en leerders van die Matzikama-streek gaan die geleentheid hê om hul talente te wys.

Volgens Retha Spangenberg, finansiële en administratiewe beampte by Laerskool Klawer, gaan meer as 2000 leerders aan die Klawer Kunste deelneem.

“Klawer Kunste is ’n georganiseerde chaos wat oor drie dae plaasvind,” sê Spangenberg en voeg ook by dat enigeen meer as welkom is om die kunsfees by te woon om te sien hoe die kinders gaan uitblink.

Op Woensdag, 2 Augustus, en Donderdag, 3 Augustus, gaan leerders die oggend om 09:30 in die NG kerksaal bymekaar kom om hul verskillende dansnommers te wys en om beoordeel te word.

Op Vrydag, 4 Augustus, gaan die leerders in die klasse by Laerskool Klawer bymekaar kom om verskillende nommers soos die voordrag van gedigte, blokfluit- en klavier-opvoerings, tweespraak en vele meer aan te bied.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?