HSV-redenaars trek nuwe baadjie aan

Hoërskool Vredendal het vanjaar ’n nuwe redenaarsbaadjie aangetrek. Oppie Tong Af is ’n platform waar leerders hul sê kan sê in hul moedertaal en deelnemers kon vir die volgende afdelings inskryf: Onvoorbereid, Voorbereid, Vermaaklikheidstoespraak of Motiveringstoespraak.

Chris-lee de Lange het haar baie goed van haar taak gekwyt toe sy die eerste leerder is wat dié motiveringstoespraak aangedurf het. Mia van Zyl het ewe goed gevaar met ’n onvoorbereide toespraak waarin sy die gehoor oortuig het dat die rol van ouers in tieners se lewe deesdae belangriker moet wees.

Die uitslae vir voorbereide toesprake is:

Juniors: 1. Cise-leigh Januarie 2. Kara Evert
Seniors: 1. Mila Loubser 2. Itha Steyn 3. Karla Gaughler

Baie geluk aan hierdie leerders met hul besonderse talente!

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?