HSL se laerskool speel goeie rugby

Die Hoërskool Lutzville se laerskool rugbyspanne het op Donderdag, 11 April teen die Laerskool Calvinia gespeel te Calvinia. Die spanne het gemengde uitslae behaal tydens die dag se verrigtinge.

Die o.7- en o.8-spanne het ongelukkig hul wedstryde verloor, maar die o.9-span het uitstekend gevaar met ’n skitterende telling van 21 – 0. Die o.11-span wen ook hul wedstryd met 10 – 7. Dit was ’n uitdagende stryd vir die o.13-span en hulle moes tevrede wees met tweede plek na ’n telling van 28 – 21.

Op die foto spog die o.9-span met hul oorwinning.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?