Hoërskool Vredendal-skaaktoernooi

Die eerste en tweede rondte skaaktoernooie het onderskeidelik op 25 Februarie en 2 Maart plaasgevind. Daar het 21 spelers van Hoërskool Vredendal aan die toernooie deelgeneem.

Elf van die leerders het deurgedring na die Weskus Individuele skaaktoernooi wat op 11 Maart op Citrusdal plaasvind. Baie geluk aan Wian Vermeulen wat ’n tweede plek behaal het in die o.18-groep. Hy het ’n silwer medalje ontvang. Die o.15 meisies het ook puik gevaar.

Paige Booyse het ’n derde plek behaal en ’n brons medalje ontvang. Divoné Fredericks het ’n tweede plek behaal en ’n silwer medalje ontvang. Chloë Booyse het ’n eerste plek behaal en is ook aangewys as die kaptein van die o.15-meisiespan van Bo-Weskus. Baie geluk aan dié spelers.

Op die foto is agter van links: Marinus Spamer, Lluhenn Oktober, Wian Vermeulen, Rickus van Vuuren en Waughan Loff. Voor van links: Chloë Booyse, Alchanke Smith, Connlee Williams, Divoné Fredericks en Paige Booyse.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2020 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?