Hoërskool Vredendal samel water in vir Calvinia

Die leerders van Hoërskool Vredendal het besluit om hulle oor die gemeenskap van Calvinia te ontferm.

Hierdie leerders het in totaal 1075 liter water ingesamel om die gemeenskap van Calvinia te help met die droogte wat hulle tans ondervind. Dit is wonderlik om te sien hoe leerders leiding kan neem en kan saamstaan om ander te help.

Baie dankie aan die leerders vir julle bydrae, dit word hoogs waardeer. Hou aan om so julle medemens te help in tye van nood.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?