Hoërskool Vredendal het talent

Op Woensdag, 3 Mei, het Hoërskool Vredendal hul amptelike Vredendal-talentaand aangebied. Die geleentheid het om 19:00 in die skoolsaal begin en die toeskouers het die saal ingestroom om dit te beleef. Daar was heerlike verversings in die pouse te koop en die toeskouers het dit vreeslik geniet.

 

Die leerders wat aan die talentaand deelgeneem het, was omtrent op hul stukke. Die talent het gestrek van sing tot dans. Die beoordelaars het die wenners aan die einde van die aand bekend gemaak en die leerders is baie dankbaar dat hulle vir almal kon wys dat hulle menige verborge talente het.
As jy dit vanjaar misgeloop het, maak seker dat jy definitief volgende jaar daar is, dit is ongelooflik hoe baie talent die leerders van Hoërskool Vredendal het. Baie geluk aan die wenners.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?