Hoërskool Lutzville vol opwinding tot die einde

Die laerskoolleerders van Hoërskool Lutzville het op 6 November deelgeneem aan die Color Run 2018 wat deur die leerlingleiers van die laerskool aangebied is. Die leerders was in ekstase om hul kleurryke persoonlikhede aan hul buitekant te kan dra. Die vele kleur het vir groot opwinding gesorg.

Die hoërskoolleerders is intussen druk besig met hul eindeksamens. Die praktiese graad 10 lewenswetenskap-eksamen is op 7 November voltooi. Die eksamen was inderdaad ’n praktiese uitdaging met die beste realistiese voorbeelde as deel van die vraestel in die vorm van regte  skaapharte en beendere.

Die verbruikerstudie praktiese eksamen het weer vir ’n meer liplekker praktiese eksamen gesorg. Die heerlikste soet smulhappies is voorberei. Met hul vernuftige talente sal die verbruikerstudie-leerders hierdie Kersseisoen beslis ’n aanwins in die kombuis wees.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?