Graad 3 leerders hou kunsdag

Die graad 3-leerders van Nouveau Kollege het vandeesweek hulle kwartaallikse kunsdag gehou. Die dag was ’n groot sukses en die leerders het hulself terdeë geniet tydens hierdie projek. Dit was so helder soos daglig dat hierdie leerders beslis hope talent het. Een van die leerders kan dalk net die volgende Vincent Van Gogh of Pablo Picasso wees.

Hou aan om so mooi te verf en om so mooi hard te leer. Julle maak julle ouers en onderwysers baie trots met julle harde werk .

Bron: Marelie Coetzee – Nouveau Kollege Sekretaresse

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?