Gees loop hoog by Maskam Primêr se kleure-atletiek

Maskam Primêr het op Vrydag, 25 Januarie 2019, ’n geesdriftige kleure-atletiek seremonie aangebied. Die groen en geel spanne se geesdrif en atletiese talente het die skare en ondersteuners in vervoering gehad

Die geel span se tema was “Minions” en die groen span “Dragons”. Die kleurvolle optogte  van die twee onderskeie spanne het om 16:00 begin en die skare was gaande oor die danspassies en feestelikheid van die onderskeie spanne.

Atlete het hul allerbeste op die atletiekbaan gegee om as die kampioene vereer te word. Van die o.7-leerders wat 60m aangepak het, tot die leerders wat langafstande om die veld afgelê het. Aan die einde van die dag het die geel span die groen span oorompel en het as kampioene weggestap. Die groen span het weg gestap met die geesbeker met hul kostuums en ritmiese dans.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?