Ebenhaeser Primêr bied aand vir kuns en kultuur aan

Ebenhaeser Primêre Skool weet dat dit deel van die menslike natuur is om ’n balans tussen werk en speel te behou om genot uit die lewe te kry. Die skool het op Donderdag, 20 September ’n kuns- en kultuuraand aangebied. Leerders van die skool het behoorlik die gehoor vermaak met hul indrukwekkende vermaaklikheidstalente.

Leerders vanuit alle grade het nommers op die enorme verhoog van die Ebenhaeser-gemeenskapsaal gelewer. Van digkuns vanuit die monde van die jongste vertolkers en storievertellers tot hip-hop dansnommers het die ouditorium gevul met aansteeklike energie. Leerders het ook onderskeidelik die gehoor vermaak met digkuns, blokfluit-nommers asook dans en sang. Die ekstase van elke vertoning het die gehoor meegevoer. Die skoolkoor, onder leiding van juffrou Sariette Maarman, was die hoogtepunt van die aand met hul soet en suiwere stemme. Die skoolhoof, mnr. Swart, het alle ouers en ondersteuners vir die aand hartlik bedank.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?