Drie van LS Vredendal blink in tennis

Drie spelers van Laerskool Vredendal is opgeneem vir die Boland-tennispan. Die leerders is Liza Human, Wilmien Vos en PF Strauss.

Die spelers neem eerskomende naweek deel aan ’n tennistoernooi wat tussen die Boland, WP en SWD op Mosselbaai gespeel gaan word. Een van die leerders, Wilmien Vos, gaan ook op 25 Maart in Kaapstad speel. Sy gaan die Boland verteenwoordig teen die DISAS. Hierdie speler het ook die Boland se o.13-tennispan gehaal wat van 1 tot 4 April by die SA skoleweek in Bloemfontein gaan deelneem.

Laerskool Vredendal is baie trots op hierdie spelers en wens hulle alle sterkte toe vir eerskomende naweek se tennistoernooi.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?