Dinamiese Hoërskool Vredendal-tennisspan presteer uitstekend

Op 30 Januarie het die eerste agt dogters en eerste vier seuns van die Hoërskool Vredendal-tennisspan teen Augsburg Landbougimnasium interskole-tennis gespeel. Die top vier seuns wen almal hul enkel-, asook dubbelwedstryde met ’n kombinasie van 6-0 en 6-1.

Hulle was dus die groot wenners van die kompetisie met die oorwinning van ses wedstryde teenoor geen. Die eerste vier dogters wen die interskole met vier wedstryde teenoor twee. Die tweede dogterspan het gewen met vyf wedstryde teenoor een.

Die skool wens hulle baie geluk toe omdat hulle gesorg dat Hoërskool Vredendal se punte op die Interskole 2019 telbord toegeneem het. Die eerste dogterspan en die eerste seunsspan het met hierdie uitsonderlike oorwinning deurgedring na die finale wedstryde in die liga.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?