Dappermuis-opvoering by Vergenoeg Primêr

Op Donderdag, 7 September bied die Grondslagfase van Vergenoeg Primêr die Dappermuis-produksie aan en die gemeenskap van Vredendal word genooi om te kom kyk na die talent van hierdie jong leerders.  

Volgens Ina Coetzee, administratiewe klerk by Vergenoeg Primêr, gaan die produksie oor ’n muis wat uit die sand kom om ’n vrou op die plaas te gaan soek.

“Alle leerders van graad R tot 3 gaan aan die opvoering deelneem. Hulle is verskriklik opgewonde want dit is ’n hoogtepunt op ons kalender. Ouers en die gemeenskap moet nou al hul kaartjies by die skool kom koop om hul plek te bespreek,” sê mej. Coetzee.

Volgens Coetzee kan die gemeenskap uitsien na goeie talent van die kinders asook ’n aand waaroor nog lank gepraat sal word En voeg by dat hulle terselfdertyd ook dankbaar is vir die ouers wat help met die kostuums en diegene wat help met die dekor.

Die vertoning beloop R20 per volwassenes en R10 vir kinders. Die vertoning begin stiptelik om 19:00. Daar sal ook verversings te koop wees.

Vir verdere inligting en kaartjie besprekings, kontak Vergenoeg Primer by 027 213 2232.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?