Anschené Verwey, Timoné Daniel praat hul weg tot 1ste plek

Hoërskool Vredendal se jaarlikse redenaarskompetisie het op 8 Maart plaasgevind. Vanjaar het slegs seniors (Gr. 10-12) deelgeneem, hoewel die kompetisie toeganklik was vir juniors (Gr. 8-9) ook. Die skool hoop van harte dat juniors aanstaande jaar ook sal deelneem.
In die senior kategorie was die wenner Anschené Verwey. Haar tema was mag en onderwerp ‘Lyfstraf in die huis’. Mila Loubser was tweede en haar onderwerp was ‘Is mag boos?’.
Leerders wat aan die onvoorbereide kategorie deelgeneem het, is 45 minute gegee om voor te berei. Alle leerders in hierdie kategorie het dieselfde onderwerp ontvang naamlik ‘Tatoeëring is nie ’n aanvaarbare neiging nie’. Die wenner hier was Timoné Daniel en in die tweede plek was Eden Hollenbach.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?