Skelvis-voorgereg

Die immergewilde garnaal-kelkie kry met hierdie resep ’n moderne baadjie met die toevoeging van skelvis en peppadews. Die resultaat is kleurvol en smaaklik. Jy kan die resep ook as ’n patee gebruik. Meng bloot al die bestanddele en sit in yskas tot verkoel. Bedien saam met beskuitjies en melba-roosterbrood.

Bestanddele:
1 kg skelvis
250 ml room, styf geklop (as jy dit die vorige aand maak, voeg eers die room die volgende dag by)
4 agurkies, fyngesny
2-3 peppadews fyngekerf
1t vars gekapte pietersielie
250 ml mayonnaise
20 ml tamatiesous
2 t fyn gerasperde ui
2 k gaar gestoomde pienk garnale (sonder doppe)
2 ml Tabasco-sous
1t Worcestersous
witpeper

Metode:
Trek velle van vis af en sit in kookwater gemeng met ’n bietjie melk en kook vir 9 minute.
Dreineer en laat afkoel, vlok en plaas in yskas totdat verkoel.
Meng al die ander bestanddele.
Meng saam met vis en dien koud op.
Jy kan dit al die vorige aand maak en in die yskas plaas.
Versier jou bakkies of glase mooi met gekerfte blaarslaai en skep ’n mooi skeppie bo-op met ’n takkie pietersielie en ’n lekker soutbeskuitjie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?