Skaapvleis vir ontbyt, middagete, aandete en nagereg by Hantam Vleisfees

Calvinia is skaapwêreld en einde vandeesmaand is almal en alles in en om die dorp in rep en roer wanneer die jaarlikse Hantam Vleisfees op 25 en 26 Augustus plaasvind!

Feesgangers kan vanjaar uitsien na die optrede van tien van ons land se top kunstenaars. Brendan Peyper, Leah, Wicus van der Merwe, Die Klipwerf Orkes, Dillon Lerm, Christo en Cobus, Sam en Calla, Viljoen Retief, Armand Steenkamp en Hendrik Spangenberg sal almal op die verhoog wees.

“Ek sien uit daarna om vir die vierde keer by die Hantam Vleisfees te kuier! Hier eet ons skaaptjoppies vir ontbyt, skaapstertjies vir middagete, skaapkop vir aandete en skaaprib vir poeding. Jy wil dit nie misloop nie” skerts Dillon Lerm.

Daar sal vanjaar weer ’n vleiseet-kompetisie op die Saterdag wees en inskrywings word op die terrein gedoen. ’n Stuk vleis van een kilogram word verorber in dié kompetisie en daar is groot pryse te wen!

Die sterkman-kompetisie sal ook vanjaar by die fees plaasvind en sal op 26 Augustus, geskied. Deelnemers kan hiervoor inskryf as dit oor die luidsprekers aankondig word. Daar is vier nommers waarin deelnemers gaan meeding, waaronder die ‘tyre flip’, voersakkie op ’n hoop balanseer en swaar voorwerpe optel.

Die kaartjies vir vanjaar Hantam Vleisfees sal op 25 en 26 Augustus by die hekke beskikbaar wees. Die pryse vir die Vrydag is R50 vir volwassenes en R20 vir kinders en vir Saterdag is dit R100 vir volwassenes en R50 vir kinders. Jou toegangskaartjie sluit die vasdans en vertonings van kunstenaars in.

Om seker te maak dat jy nie vanjaar se fees misloop nie, kan jy jou verblyf bespreek op die Hantam Vleisfees-webblad. Daar is 19 gastehuise om van te kus en te keur. Daar sal ook op Sondag, 27 Augustus ’n kerkdiens in die Calvinia NG Moedergemeente kerk wees wat om 09:30 begin.

Stalletjie-aansoeke vir vanjaar se fees is oop en aansoeke om ’n stalletjie op te rig, kan by Lizette Lambrechts gedoen word deur ’n e-pos te stuur na vleisfees@klk.co.za.

Besoek www.hantamvleisfees.com vir meer inligting, die volledige program en om jou verblyf te bespreek. Kaartjies sal slegs by die hekke te koop wees.

Bly op hoogte van die jongste Hantam Vleisfees-nuus op Facebook (www.facebook.com/CalviniaVleisfees/), Twitter ( https://twitter.com/) en Instagram (www.instagram.com/hantamvleisfees/).

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?