Skaak

Die 2017-skaakseisoen het amptelik begin. Op Saterdag, 4 Maart, het 26 leerders van Laerskool Vredendal aan die tweede en laaste rondte van die Bo-Weskus-skaaktoernooi op Vredendal deelgeneem. Ná agt rondtes wat oor twee dae – 25 Februarie en 4 Maart – gespeel is, is vyftien leerders van Laerskool Vredendal in verskillende skaakspanne van die Bo-Weskus-skaakspan opgeneem. Hierdie spelers het op 11 Maart Bo-Weskus-skaak by die Weskus skaaktoernooi op Citrusdal verteenwoordig.

Die spelers is:
o.9 Seuns – Christiaan van Wyk – Kampioen; Johandré van Jaarsveld – 3de. o.9 Dogters – Mea van Zyl – Kampioen; Risa Roothman – 3de. o.11 Seuns – JB Pretorius – 2de; Pedro Booyse – 3de; Danté Pieterse; Jan-Hendré Spamer; Tiaan Joubert
o.11-meisies – Marrit Roothman – 3de; Phelishia Mouton. o.13-seuns – Jakes Roothman; Zak Pretorius; Vincent Cloete. o.13-meisies – Mar-Rochelle Geldenhuys

Mev. Booyse het die span vergesel en as beampte tydens die toernooi opgetree. Dank aan mnr. Eric Geustyn wat die skoolbussie na Lambertsbaai bestuur het. Dank ook aan mevv. Jeanne Pretorius, Arina Esterhuizen en Charmaine Wagenaar wat as beamptes tydens die toernooie opgetree het.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?