Selgroepkonferensie op Vredendal

Op Saterdag, 21 Oktober bied die Vredendal Volle Evangelie Kerk van God ’n selgroepkonferensie aan. Die konferensie sal om 16:00 begin, en eindig op 18:00. Dit vind plaas by die Volle Evangelie kerk op Vredendal-Noord.

Volgens pastoor Reggie Strauss van die Vredendal Volle Evangelie Kerk is die fokus van die konferensie om die liggaam van Christus toe te rus aangaande die krag en seën wat opgesluit is in die bediening.

“Die sprekers wat die geleentheid gaan bywoon is: Nelis van Rooyen (Baptiste Kerk) wat oor effektiewe selgroepe gaan bedien, Jan-Hendrik Kleinhans (Harvester Gemeente) gaan oor die seëninge en die baie voordele vir jou geestelike bedien, Johann Jordaan (Christian Family Church Klawer) gaan oor dissipelskap bedien en ek gaan die praktiese aspekte van behartig,” sê pastoor Strauss.


Pastoor Strauss voeg ook by dat almal in die Matzikama-streek is meer as welkom om deel te wees van die dag. Vir meer inligting kontak pastoor Reggie Strauss by 084 601 0967.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?