SAPD besoek Vredendal-Noord Primêr

Daar is bewys dat dwelmgebruikers oor die jare al hoe jonger word en meer kinders as ooit word op ’n baie jong ouderdom aan ’n wye verskeidenheid dwelms blootgestel. Die misbruik van dwelms kan jou kind se lewe en sy akademiese toekoms in gevaar stel.

 

Die SAPD het op Woensdag, 26 April, Vredendal-Noord Primer besoek en met die gr. 5- tot 7-leerders gepraat oor die misbruik van dwelms en die gevare daarvan. Daar was ’n bord met foto’s van verskillende dwelms sodat die leerders weg kan bly daarvan wanneer iemand dit dalk aan wil hulle wil verkoop.
Die leerders het hierdie praatjie baie interessant gevind asook om meer te leer van die gevare en hoekom dit belangrik is om weg te bly daarvan. Die skool bedank die SAPD vir hulle tyd en dat hulle moeite gedoen het om die leerders in te lig.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?