Santam-gholfkompetisie

Op Saterdag, 11 November, het Christo Smit en Santam ’n gholf-kompetisie vir lede van die Lutzville-gholfklub aangebied. Die afslaantyd van die dag was om 13:00. Volgens Oubaas Kerskop, lid van die Lutzville-gholfklub, was die formaat van die dag ’n enkel-stableford.

Die wenners van die kompetisie is as volg:

  • 1ste plek – Gerhard Beukes met 38 punte
  • 2de plek – Charles Cloete met 37 punte
  • 3de plek – Gert Rooi met 37 punte

“Eerskomende Saterdag, 18 November, is daar weer ’n gholfkompetisie (’n GVJ beterbal met voorkeurdryf) en indien jy dalk wil inskryf, kontak Oubaas Kerskop by 083 230 4801 of stuur ’n e-pos na oubaas.kersop@syngenta.com.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?