Sakekamer hou baie nuttige vergadering

Die sakekamer het gisteraand ’n vergadering gehou wat diegene wat dit bygewoon het, omtrent geïnspireer het. Die munisipaliteit se raad was teenwoordig sowel as die burgemeester van die Matzikama-streek. Verskeie onderwerpe is bespreek en heelwat oplossings is op die einde van die dag gevind.

Sowat twintig en vyf-en-twintig sake-eienaars is ook genooi om hul mening te gee oor moontlike oplossings wat daar bespreek is. Die eerste ding wat bespreek was is hoe die sakekamer, sowel as die munisipaliteit, ’n verskil kan maak in die volgende vyf jaar.

Elke individu het ’n blad gekry en hulle moes skryf wat vir hulle die belangrikste is om te verander in die gemeenskap. Die blaaie wis opgeplak op die bord en dit is alles gekategoriseer om ’n gesamentlike oplossing te kry vir die probleme in die area.

Ons sê baie dankie aan almal wat hierdie vergadering bygewoon het om ons gemeenskap beter te maak!

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?