Wenke om jou geld te rek hierdie somer

Met die Desembervakansie wat verby is, gaan baie mense sukkel om finansieel te oorleef, aldus ’n vrystelling van FNB. Die hoë wisselkoers sal ’n skommeling in voedselpryse en ander noodsaaklikhede veroorsaak. Marietjie Esterhuizen, president van Rocci (Roodepoort Kamer van Koophandel en Nywerheid), het ‘n lys van nuttige wenke saamgestel vir lesers om vandeesmaand hul finansies te bestuur.

Stel ’n inkopie-lys bymekaar en hou daarby.Dit is bewys dat mense geneig is om meer te spandeer by die winkel op ‘n leë maag, so eet iets voor jy gaan inkopies doen.
Stel ’n begroting op en hou daarby. “Maak dit ’n gewoonte om maandeliks ’n klein bedrag te spaar,” sê Esterhuizen.
Vermy bekende handelsmerke as jy dit nie kan bekostig nie.
Wees op die uitkyk vir spesiale aanbiedings. Gaan kyk altyd by meer as een plek. Kyk op die internet en vergelyk pryse.
Betaal kontant as jy kan. Bly weg van kredietkaarte. “Krediet is duur.”
Gebruik lojaliteitpunte om te betaal vir jou aankope.
Beplan vooruit. “Begin vroeg beplan vir volgende maand en selfs vir volgende Kersfees. Sit ’n vasgestelde bedrag in ’n aparte rekening. Dit sal jou leer spaar en jy kan sodoede oorbesteding voorkom in jou volgende vakansie.”
Pak tuisgemaakte kospakkies vir skool en werk in. Dit is ook ’n baie gesonder keuse.
Vorm saamryklubs. Begin ’n saamryklub om geld op brandstof te spaar deur saam te reis na die skool, werk en gym.
Gebruik elektrisiteit en water spaarsamig “Jy sal nie net geld spaar nie, maar sal ook help met die tekort in die land”.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?