Sakekamer lê klem op belangrike punte

Die Matzikama-sakekamer het gisteraand vergader by Koelbly in Vredendal-Noord. Daar was ’n paar gaste wat die vergadering bygewoon het om hul mening te lig.

Die belangrike punte was bespreking was :

Lede werwing.
Sakekamer-webwerf.
Dankbetuiging en aanmelding van klagte-dienslyn van die plaaslike owerhede.
Voorlegging van die Matzikama plaaslike ekonomiese ontwikkelingsprioriteite.
Informele funksies met munisipale bestuurders, direkteure van Matzikama munisipaliteit, raadslede en leiersfigure.

Daar was ook gepraat oor hoe die maklike bekomming van sakelisensies en hoe belangrik dit is dat genoeg navorsing doen word voor jy daarvoor aansoek doen. Gebrek aan navorsing is een van die hoofredeswaarom sommige ondernemings ná twee jaar misluk. Eienaars nie hoe om dit finansieel te bestuur nie.

Daar is ook klem gelê op die feit dat tariewe op huise baie duur is, wat ekonomiese ontwikkeling deur middel van behuising baie moeilik maak. Dit maak dit verder moeilik vir die dorp om uit te brei en meer woonbuurte te bou en sodoende meer inwoners kry.

Die algehele gevolgtrekking was dat mense van alle areas en beroepe bymekaar moet kom om te praat. Sodoende kan die algehele probleem bepaal word en ’n oplossing bewerkstellig word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?