Sakekamer amptelik aan die gang

Die Matzikama-sakekamer het gisteraand ’n vergadering gehou om die lede wat aangestel is, bekend te maak. Op die vergadering is talle nuwe planne en die finansiële welstand van die streek beplan en bespreek. Die sakekamer beoog om hierdie aspekte na te gaan, en dan alles probeer bewerkstellig om die Matzikama-omgewing vorentoe te dryf en die gemeenskap sterker te maak. Die omgewing gaan finansieel ook baie vorder soos nuwe idees bespreek word deur die lede van die sakekamer.

 

Die Matzikama-sakekamer se lede is gekies om die volgende posisies vol te staan :

 

Voorsitter               – Koos Lombard

Onder-voorsitter  – Vic Jonker

Tesourier              – Hendrik Vos

Sekretaris             – Leon Labuschagne

Bykomende dagbestuur – Nico van Zyl en Stokkies van Zyl
Die sakekamer gaan dit ’n doelwit maak om aandag te gee aan die klagte-dienslyn vir plaaslike owerhede. Hulle wil ook werk daaraan om te ontleed wat die positiewe boodskap is waarop mense gaan reageer. Positiwiteit en goeie oplossings is die hoofdoelwit van die lede, en die idees klink sover asof dit presies is hoe dinge gaan uitwerk. Ons sê baie dankie aan die Matzikama-sakekamer wat uit hul pad gaan om ons gemeenskap te bevorder.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?