Hou só by jou begroting

Die woord begroting wek net soveel angs as die woord dieet. Mens dink onmiddellik jy moet iets lekkers prysgee of opoffer en dan begin jy jouself indoen en jy stel jou sukses op die spel.

Die suksesvolle bestuur van geld hang af van ’n suksesvolle begroting. Geldbestuur hang van ons geldgewoontes af. Ons gewoontes die resultaat van dit wat ons herhaaldelik doen oor ’n periode van tyd. Dit is jou finansiële gewoontes wat sal bepaal of jy finansieel vry gaan leef al dan nie. Derhalwe om suksesvol te begroot, moet ons die regte gewoontes en gedrag aanleer. Net soos ’n dieet waar jy voel jy word ingedoen omdat jy nie dit of daai mag eet nie, en besef dit werk nie op die lang duur nie, so ook sal ’n begroting waar jy voel jy kan nie pret hê nie, nie lank oorleef nie.

Dit is nie die bedrag geld wat saak maak nie, maar die gewoonte van wat jy doen met jou geld wat op die lang termyn die verskil gaan maak.

Waar jou totale inkomste 100% verteenwoordig, breek jy die bedrag op soos volg:

1. Uitgawes (50%)

Hierdie verteenwoordig jou maandelikse onkostes soos water, elektrisiteit, ens. Weet presies waaraan jy dit spandeer.

2. Pret (10%)

Dit is belangrik om elke maand hierdie geld eenkant te sit en iets pret te doen. Dit is belangrik dat jy hierdie bedrag elke maand moet spandeer en dit geniet, jy sal nie voel jy ontneem jouself van enigiets nie, en help jou om gemotiveerd te bly met jou nuwe gewoonte.

3. Spaar vir iets (15%)

Instede daarvan om iets op krediet te koop, wat jou op die lange duur in skuld dompel, spaar ’n bedrag elke maand tot jy genoeg het om daardie item kontant te kan koop. Jy sal so trots voel wanneer jy daardie item skuldvry gaan koop, dat dit jou sal aanspoor om daarmee aan te hou.

4. Finansiële vryheid (20%)

Hierdie geld raak jy nooit aan nie. NOOIT! Hierdie is jou potjie goud wat oor jare bymekaarmaak en rente verdien wat jou finansieel vry gaan maak.

5. Gee terug (5%)

Gee en jy sal ontvang. Miskien wil jy kos koop vir iemand in nood, of aan liefdadigheid skenk. Die hoe en wat is nie belangrik nie, wat saak maak is dat jy iets doen wat ’n verskil in iemand anders se lewe maak en dit sal jou laat goed voel oor jouself.

As jy hierdie gewoontes kan aanleer en daarby hou, sal jy die lewe op ’n heel ander vlak ervaar en ’n betekenisvolle verskil aan jou finansiële posisie maak. Hou daarby en moenie opgee nie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?