Gerjo Hoffman gesels met Joseph Okleberry oor entrepreneurskap en leierskap

In episode vier van The Gerjo Hoffman Show, gesels Gerjo Hoffman – digitale spesialis en direkteur van innovasie van Tencent Africa – met Joseph Okleberry (@jokleberry) wat pas sy tydperk as direkteur van eksplorasie by die Naspers-groep afgehandel het.

Hoffman (@gerjohoffman) het meer as 15 jaar se ervaring in die bou en bestuur van besighede in ’n ontluikende mark. Op The Gerjo Hoffman Show praat Hoffman met interessante mense wat hul raad en die lesse deel wat hulle geleer het in terme van entrepreneurskap en leierskap.

Voor Okleberry by die Naspers-groep gewerk het, het hy by Morgan Stanley en JP Morgan in New York gewerk, waar hy aandele soos Google, LinkedIn en Mail.ru gedek het. In die episode deel Okleberry van sy ervarings van Wall Street, saam met grootkoppe soos Imran Khan (nou die hoof strategiese beampte by Snap Inc.) en Mary Meeker. Hy deel ook sy insig en gedagtes oor beleggings, asook meer oor Bitcoin en wat om daarvan te maak.

“Dit was uiters aangenaam om tyd saam met Okleberry te bestee, en hoewel ons vir jare op dieselfde vloer gewerk het, het ons tot onlangs nooit kans gehad om die onderwerpe te bespreek nie,” het Hoffman gesê.

In hierdie episode dek hulle ook onderwerpe wat Tony Robbins, meditering en wat Okleberry tydens sy sabbatsverlof beplan, insluit.

“Ek hoop luisteraars sal die bespreking met Okleberry net so baie geniet, soos wat ek dit geniet het!” het Hoffman gesê.

Jy kan hier na die episode van The Gerjo Hoffman Show luister:

IOS
iTunes
https://itunes.apple.com/us/podcast/4-global-exploration-internet-joseph-okleberry/id1256402777?i=1000395521250&mt=2

ANDROID:
Pocket Casts
http://pca.st/oFL8

Stitcher
http://www.stitcher.com/s?eid=52416752

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?