Die waarde van goeie diens

Ons hoor gereeld mense oor swak diens by ʼn restaurant, winkel of diensverskaffer kla. Wanneer ʼn onderneming eers ʼn slegte reputasie gekry het omdat hulle diens nie op standaard is nie, kan dit die sukses van die onderneming kniehalter. Selfs al is die kos van ʼn restaurant byvoorbeeld onverbeterlik, kan ʼn onvriendelike en onbehulpsame kelner die kliënt se ervaring heeltemal bederf, in so ʼn mate dat hy of sy nie weer die restaurant sal besoek nie. Hieronder is raad oor hoe jy kan verseker dat jou besigheid suksesvol is:

 

Kommunikasie: Dit is van uiterste belang dat werknemers van ʼn besigheid of maatskappy behoorlik met kliënte kommunikeer. Goeie kommunikasie hou nie slegs verband met die wyse waarop daar gekommunikeer word nie, maar ook die deeglikheid van kommunikasie. Word daar spoedig op kliënte se navrae en/of klagtes reageer? Daarby moet beloftes wat aan kliënte gemaak word om sekere produkte of dienste te lewer, nagekom word.

 

Beleefdheid: Dit gebeur soms dat jy nie in ʼn goeie bui is nie en nie lus voel om vriendelik te wees nie. Jy moet egter onthou dat dit deel van goeie dienslewering is om vriendelik en beleefd met kliënte te wees. Glimlag en onthou die goue reël: die kliënt is altyd reg!

 

Werk onder druk: Jy moet bereid wees om agteroor te buig vir jou kliënte. Jy moet bereid wees om meer te doen as wat van jou verwag word omdat jou restaurant, skoenwinkel of supermark nie die enigste een is nie. ʼn Ongelukkige kliënt kan maklik by ʼn volgende onderneming gaan aanklop vir dieselfde diens of produk as wat jy lewer. Dit mag beteken dat jy tot ná middernag moet werk om ʼn produk of diens vir ʼn kliënt af te handel om te verseker dat jy die kliënt behou.
Deur hierdie basiese riglyne toe te pas en altyd jou beste te lewer, sal jy ver kom. Kort voor lank sal die woord oor jou goeie diens versprei en sal jou kliëntebasis aansienlik groei.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?