Die eienskappe van ’n suksesvolle besigheidseienaar

Agter elke suksesvolle onderneming staan ’n eienaar wat sy storie ken. Dit is maar min dat ’n onderneming goed sal doen sonder dat die stuurman aan boord die een is wat dit in die regte rigting gestuur het. ’n Goeie besigheidseienaar is dus een wat bereid is om die werk te doen om een te wees. Daar is veral twee basiese aspekte wat die bestes laat uitstaan bo die res:
Suksesvolle besigheidseienaars stel ’n voorbeeld
As eienaar is jy basies die gesig of handelsmerk van die onderneming. ’n Suksesvolle eienaar is een wat nie dink sy betrokkenheid stop by bevele gee en uitvoerende besluite maak nie. Dit is iemand wat daar is wanneer die opdragte uitgevoer is; en die ure insit om dit deur te sien. Iemand wat byderhand is as dinge skeefloop; en pa staan vir foute.
Voorts is dit belangrik dat jou dade en woorde ooreenstem. ’n Goeie bestuurder is betroubaar en kom sy of haar woord na. Selfs wanneer dinge dalk nie so goed gaan nie, sal ’n goeie bestuurder positief bly en nie sy of haar bekommernisse oordra aan ander nie, veral nie die werknemers omdat dit die moraal van werkers kan striem.
Suksesvolle besigheidseienaars belê in sy grootste bate – personeel

Ondernemings wat deur slegs een persoon besit en bestuur word, is by verre in die minderheid. Al is dit skaars ’n handjievol personeel, is die meeste in ’n mate afhanklik van mense om sekere basiese take te vervul. ’n Suksesvolle besigheidseienaar weet die mense wat hy/sy in diens neem is belangrik om die sukses daarvan te verseker.

Gelukkige werknemers is positief en by verre meer produktief. Om te verseker dat hulle positief oor die onderneming is, stel ’n werkgewer hul belange voorop. Dit gaan nie net oor rand en sent nie. ’n Suksesvolle eienaar gee verhogings waar dit mense toekom. Wanneer ’n werknemer goed presteer, erken dit. ’n Goeie werkgewer skep vir hulle geleentheid om te groei, hou kommunikasiekanale oop en gee erkenning vir goeie werk.

Bron: Trimo, Bekostigbare Besighede

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?