Bestaan telefoonetiket nog en is daar ’n ander stel etiketreëls vir selfone?

Niks voel so goed soos wanneer jy ’n sakeoproep maak en die mens wat antwoord praat duidelik en is professioneel en vriendelik nie. Mens is sommer in ’n slegte bui wanneer mens swak diens oor die telefoon ontvang.

In hierdie gejaagde tyd waar elektroniese media oorneem, is telefoonetiket belangriker as ooit. Mense is gelukkiger wanneer hulle met iemand kan praat pleks van ’n opname. In die sakewêreld is dit ook belangrik dat maatskappye besef die eerste indrukke wat deur die antwoord van hul telefoon of sentrale gewek word, kan bepaal of die kliënt voortaan met hulle gaan sake doen of liewer die mededinger sal nader.

Leer jou personeel die volgende stappe van telefoon-etiket om gelukkige kliënt terugvoering te kry:

Wees altyd opgeruimd en vriendelik wanneer jy die foon beantwoord en doen dit met ’n glimlag in jou stem.
Praat duidelik en kyk op wanneer jy die foon beantwoord. Dit maak die lugweë oop en voorkom dat dit klink of jy mompel of binnensmonds praat.
Kondig die tyd van die dag aan, soos byvoorbeeld: “Goeie môre” of “Goeie middag” met die klem op die woord “goeie”.
Luister deeglik na wat die kliënt verlang en maak notas tydens die gesprek. Laat die kliënt verstaan al jou aandag is op daardie oomblik by hulle.
Maak seker jy help die kliënt of verwys hulle na die regte mens of afdeling. Die kliënt moet daarna kan dink of sê: “Watter wonderlike diens het ek nie van daardie maatskappy of mens ontvang nie!”
Wanneer jy iemand beloof het om teen ’n sekere tyd terug te skakel, kom jou belofte na.
Dit is belangrik om te weet dit is uiters slegte maniere om te eet of te gaap wanneer jy met ’n oproep besig is.
Dieselfde etiketreëls geld wat selfone betref.

Bron: Wat jy nou moet weet

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?